Our Featured Bride

Frans & Melissa

10 May 2017

Beste Melanie en Mooiplaatsie span

Van dag een af was on verlief op Mooiplaatsie. Almal was vriendelik en het als so mooi vir ons verduidelik. Natuurlik kon ons nie anders as om julle te kies vir ons groot dag op 15 Oktober 2016 nie!

Julle was daar vir ons - every step of the way! Ons vrae het julle vinnig geantwoord en julle het ons gerus gestel tydens ons beplanning, sienende dat dit nogal stresvol kan wees vir 'n bride to be...

Alles het seepglad verloop op ons troudag. Van die begin tot die einde. Die kos was heerlik (die mense kon nie ophou daaroor praat nie!!!) en die tafels was pragtig. En dan die kamers! Die mense het skoon gesê dit voel of hulle in 'n ander land was en elke gas het gespog dat hulle die mooiste kamer het!

Mooiplaatsie, baie dankie dat julle deel was van ons troue!! Om dankie te sê, voel nie of dit genoeg is nie. So ek tik dit vir julle in hoofletters: DANKIE!!!

Ons sal defnitief weer 'n draai maak! Hopelik is dit om ons een jaar huweliksherdenking te vier. :)

Address

R104
Old Bronkhorstspruit Road
Plot 361
Mooiplaats
Pretoria East

GPS Coordinates

S -25.7608787 | E 028.4201242

Office Hours

08h00 - 16h00 weekdays

Contact

Tel: +27 12 809 1199
Mobile: +27 83 808 5331
Emergency: +27 83 808 5331
Email: melanie@mooiplaatsie.co.za


© Copyright 2017 - Mooiplaatsie | with by Linuxweb | All rights reserved | Disclaimer | Terms of Use | Privacy Policy